Ouderdomsperk:
Venue: kykNET Teater
Met: Vinette Ebrahim en Christo Davids: Wenner van die 2011 Kamma Toekenning vir beste speler op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Teks en Regie: Lizz Meiring
Dit is die storie van ’n ma wie se magtelose liefde vir haar tikverslaafde kind, haar tot moord gedryf en internasionaal opslae gemaak het. Die storie is ook van ’n ouer, stomgeslaan deur ongenaakbare trauma, maar bowenal ook ’n viering van oorlewing, vergifnis en hoop.
Ouderdomsperk:
Venue: kykNET Teater
IT FELT EMPTY WHEN THE HEART WENT AT FIRST BUT IT’S ALRIGHT NOW
Deur: Lucy Kirkwood
Vertaler: Hugo Taljaard
Met: Kim Cloete | Vuyelwa Booi
Regie: Henry Mylne
Sy weet hoeveel haar lewe werd is: twee-en-‘n-halwe iPods! In Kaapstad word sy een van 27 miljoen slawe wêreldwyd, een van 800,000 mense wat jaarliks oor die landsgrense gesmokkel word. Volgens die Verenigde Volke genereer hierdie tweede grootste kriminele bedryf, naas dwelmhandel, 7 tot 10 biljoen US $ jaarliks. Slawerny het ‘n ander naam gekry – Menseroof “human trafficking”. Henry Mylne (7 De Laan, Vaselinetjie) regisseer Kim Cloete (Isidingo) as die slagoffer van groteske onmenslikheid. Haar verhaal is een van hoop. Sy oorleef.
Ouderdomsperk:
Venue: Brimstone / Lion of Africa Arena
Met: Babes Mpatseng | Jefferson Korkee | Maria de Koker | Charles Human | Angelo Mockie
Teks: Daleen Kruger
Regie: Gerben Kamper
Hierdie drama deur Daleen Kruger is aangewys as een van die vyf top-Nagtegaalkompetisie-inskrywings uit 46 nuwe Afrikaanse dramas in 2008. Sy skep ’n opsigtelike realistiese uitbeelding van die vergete tradisionele vissersgemeenskappe van die Weskus in hul haglike, snelveranderende leefwêreld. Dit is ’n puik gestruktureerde drama met interessante karakters, tipiese streektaal en uitdrukkings.
Die stuk spreek bewaring aan, die brutaliteit van die mens vir wie geld god geword het en die invloed van kommersialisering op die gewone mens.
Moontlik gemaak deur ’n subsidie van die LW Hiemstra Trust, opgerig ter herinnering aan Ludwig Wybren (Louis) Hiemstra
Ouderdomsperk:
Venue: Brimstone / Lion of Africa Arena
ALLE KAARTJIES IS BY COMPUTICKETKry die nuutste inligting van die komende jaar se fees! Sluit aan by ons opwindende nuusbrief.