css gallery

"HOWZIT MY BRA"

Met: Shimmy Isaacs

Die talentvolle komediant Shimmy Isaacs het Suidoosterfees-gehore in 2011 laat kraai van die lag met haar eenvrou-komediestuk Allie Pad Funny Worcester. Met reeds ’n wenslag by die 2010 Ikhewzi-fees, het Shimmy nog ’n eerbewys ingeoes toe sy as die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se Kanna Slurpie-wenner vir "Howzit my Bra" aangewys is.

Dié produksie met sy uitbundige humor sal beslis ’n komiese hoogtepunt op Suidoosterfees 2012 wees. Tesame met verskeie kwessies rakende die bra, takel "Howzit my Bra" ook die onderwerp van borskanker en gee ’n stem aan diegene wat die gevreesde siekte oorleef het.

Ouderdomsperk:

A

Venue: Brimstone / Lion of Africa Arena

15 FEB
21:00 - 22:00
R75
18 FEB
14:30 - 15:30
R75
19 FEB
18:30 - 19:30
R75

CASPER DE VRIES – LIVE

Met: Casper de Vries

Casper de Vries op sy stoutste en beste spesiaal vir Suidoosterfees 2012.

Nie vir sensitiewe of onvolwasse mense nie

Venue: Operahuis

16 FEB
19:30 - 20:30
R100 / R150 / R200

GIF

Regie: Juanita Swanepoel van Klein Libertas teater Stellenbosch

Teks en speler: Celeste Slabber-Loriston

Die oggend toe Mathilda Bouwer háár Romeo se hemp, met die vreemde goue hare, in haar hand vashou...daardie oggend het sy by haar kombuisdeur uitgestap en aan GIF begin dink.Tussen bloed en arseen het sy die deur finaal agter haar toegetrek en, Maggie Bouvier geword... ʼn Vrou met drome. GIF vertel die verhaal van elke vrou...en man, wat al die lewe en sy uitdagings ervaar het.

Ouderdomsperk:

14
S
L

Venue: Brimstone / Lion of Africa Arena

17 FEB
13:00 - 14:00
R70
18 FEB
18:00 - 19:00
R70


Kontak Ons

+27 21 446 1558

suidooster@media24.com

Media City, 9de Verdieping, Heerengracht 1
Kaapstad, 8001
Posbus 8005, Roggebaai 8012

ALLE KAARTJIES IS BY COMPUTICKET
BESKIKBAAR

Kultuur
vir die hele gesin

Drama Komedie KINDERVERMAAK OPERA & KLASSIEKE
MUSIEK
MUSIEK &
MUSIEKTEATER
GRATIS VERMAAK KUIER HART2HART
BOEKE & GESPREKKE
VISUELE KUNS &
FILM

Sluit Aan
en kry ons nuusbrief

Kry die nuutste inligting van die komende jaar se fees! Sluit aan by ons opwindende nuusbrief.

Agtergrond
en inligting

Argief

Kunstenaars: Hoe om deel to neem