BOEKGESPREKKE

DIE HIPSTERS VAN
AFRIKAANSE DIGKUNS

Met: Bibi Slippers, Churchil Naudé, Ryan Pedro, Frazer Barry, Marcel Spaumer en Annie Klopper (gespreksleier)

Van musiekfeeste tot straatkafees – digkuns is deesdae oral te sien en te hoor en in verskillende gedaantes. Die jong digters deel verhoë met rockers op groot musiekfeeste; lees verse in kroeë en is bykans so herkenbaar soos sepiesterre. Maar hoe dink hierdie nuwe generasie digters? Is daar ’n nuwe beweging in die Afrikaanse digkuns ter sprake? Waaroor skryf ons jong digters en hoe verskil, of word hulle geïnspireer, deur hul voorgangers? Kom vind uit en kuier saam met ’n uiteenlopende groep digters.

How does the new generation of poets think? Is there a new movement in the Afrikaans poetry realm? What do our young poets write about and how do they differ from, or get inspiration from, their forebears? Come find out with a diverse group of poets.

Isizukulwana esintsha zembongi sicinga njani? Ngaba kukho intsha entsha kwimibongo yesiBhulu? Ziziphi izibongo zethu ezinobhala ezibhaliweyo kwaye zohluke njani, okanye ziphefumlelwe, zikhokho zabo? Yiza ufumane iqela le zi mbongi ezahlukeneyo.

MEER INLIGTING

Datum: 29 April, 15:45
Tydsuur: 1 uur
Venue: Fluweelkamer
Kaartjies: Gratis
Taal: Afrikaans
Gesin