Ligte,
Musiek &
Jazz

Marimba Gimba
Met: Rural Arts Network marimba-orkes, HemelBesem en Elsabé Daneel Vervaardiger: Elsabé Daneel Produksies Musiekregie: Betsie Ryke en Reagan Diederiks
“Elke dan en wan beleef jy ’n stuk teater wat jou aan die bors gryp, jou hart so vol maak dat jy wens die hele wêreld was daar om dit te beleef.” Só skryf die joernalis Ilza Roggeband op 29 April 2017 op Netwerk24 oor die musiekteaterproduksie MarimbaMakiti tydens die 2017-Suidoosterfees. Vir die Suidoosterfees se 15de verjaarsdagpaartie, skop MarimbaMakiti sy kinderskoene uit. Sy 2018-opvolger, Marimba Gimba spog met supertalentvolle jongmense vol plak, gimba en chutzpah uit Grabouw se appelwêreld.

Betsie Ryke en Reagan Diederiks van Rural Arts Network vat voor met die marimba-orkes. Die Grabouw-leerkrag , Brandon Druid, laat waai met die leerders se danse. Die teaterpraktisyn Elsabé Daneel gee skop aan ons gevierde gedigte, en die sensasionele rapper, HemelBesem, trap en praat alle kante toe. Sit jou paartiehoed op en wees oppit.

 

Hierdie produksie word ondersteun deur die Elgin Foundation.

 

For Suidoosterfees’ 15th annual birthday party, MarimbaMakiti takes off its childhood shoes. Its 2018 superseder Marimba Gimba boasts super talented adolescents with swag, gimba and chutzpah from the apple capital Grabouw.

 

Ngomcimbi we-15 we-Suidoosterfees wonyaka wokuzalwa, uMarimbaMakiti uthatha izicathulo zakhe zobuntwana. Unyaka ngu-2018 i-superseder yaseMarimba Gimba inamantombazana anesakhono esineentlanzi, i-gimba kunye ne-chutzpah kwi-apple yaseGrabouw.

MEER INLIGTING

Datum:  29 April, 16:00 | 18:00
Tydsduur: 1 uur
Venue: Arena
Kaartjies: R110
Taal: Afrikaans | English
Gesin

Waarvoor wag jy?

BESPREEK NOU