Dans

The Johaar Mosaval Journey:
District Six To The
Royal Ballet

Deur: Cape Town City Ballet Choreograaf: Grant van Ster

Die wêreld-beroemde danser, Johaar Mosaval, word in sy negentigste jaar vereer met ‘n spesiale aanbieding in sy geboortestad. Dit word op die planke gebring deur Cape Town City Ballet. Mosaval het in sy jeug, as gevolg van sy belangstelling en betrokkenheid by skool-pantomimes en gimnastiek, balletopleiding in Distrik Ses ontvang en later vir drie jaar onder die toesig van Dulcie Howes by die UK-balletskool.

Met die ondersteuning van verskeie instansies, studeer hy by die Sadler’s Wells Teaterballetskool. Na anderhalf jaar is dié talentvolle danser uitgenooi om aan te sluit by die Sadler’s Wells Teaterballetgeselskap en later die Koninklike Ballet van Covent Garden. Gedurende sy vyf-en-twintig jaar as ‘n senior-hoofdanser met die geselskap, het dié gunsteling danser van Koningin Elizabeth, die Koninginmoeder, die wêreld bekoor met sy uitstaande tegniek en sielverheffende vertolkings.

Na sy lang loopbaan in die buiteland, keer hy terug na Suid-Afrika om sy kennis en talent as onderwyser en gaskunstenaar te deel. Ons is bevoorreg om hierdie besondere kunstenaar en lewende legende te kan vereer by die Suidoosterfees in 2018.

 

The world-famous dancer, Johaar Mosaval, is honoured during his ninetieth year with a special presentation in the city of his birth. It is brought to the stage by the Cape Town Ballet Company with guests. In his youth, Johaar received ballet training as a result of his interest in and involvement with school pantomimes and gymnastics in District Six and later at the UK Ballet School under the supervision of Dulcie Howes.

 

Umdanisi owaziwayo emhlabeni, uJohaar Mosaval, uhlonishwa ngunyaka wakhe weshumi elinesithoba kunye nenkulumo ekhethekileyo kwisixeko sokuzalwa kwakhe. Uziswa kwiCandelo laseKapa iBallet nama ndwendwe. Ngobuncinci bakhe, u-Johaar wathola ukuqeqeshwa kwe-ballet ngenxa yomdla wakhe kunye nokubandakanyeka kwezemidlalo kunye ne-gymnastics – eDistrict Six – kwaye kamva kwi-UK Ballet School phantsi kolawulo ka-Dulcie Howes.

MEER INLIGTING

Datum:  29 April, 19:00
Tydsduur: 1 uur 30 min
Venue: Operahuis
Prys: R120 | R80 | R40
Taal: N/A
Gesin

Waarvoor wag jy?

BESPREEK NOU