Suidoosterfees Talentsoektog 2019/2020

 

Die Suidoosterfees Talentsoektog, tans in sy sesde bestaansjaar fokus op jonger kunstenaars binne alle genres met die klem daarop om hulle deur ʼn proses van talentidentifisering, die ontwikkeling van daardie spesifieke talent en die aktivering daarvan te promoveer.  Hierdie aksies vind jaarliks binne die kunstefeestydperk (27 April – 3 Mei) plaas, maar dien ook as deel van die oploop tot die fees (September 2019 – Maart 2020).

 

Doelwitte

  • Om nuwe talent te ontdek in die groter Kaapse Metropool, Boland en Overberg.

  • Om verdere ontwikkeling / geleenthede vir die wenners van die Suidoosterfees Talentsoektog te skep.

  • Om bewustheid oor die kunstebedryf te skep aan die Suidoosterfees Talentsoektog deelnemers en hul gemeenskappe en sodoende die Suidoosterfees te bemark.

  • Om opleiding aan te bied aan deelnemers / wenners om hul kunsvorm verder te ontwikkel.

  • Om Suidoosterfees Talentsoektog deelnemers bloot te stel aan hulpbronne wat hulle sal help om 'n loopbaan in die kunste-industrie verder te ontwikkel.

  • Om die deelnemers van die Suidoosterfees talentsoektog en lede van die gemeenskap te bemagtig deur middel van die kunste.

 

Insette

  • Bied sewe talentsoektogte deur die groter Kaapse metropolitaanse gebied, ʼn semi-finaal by die V&A Waterfront en 'n finale by die Suidoosterfees aan.

  • Verskaf 'n platform wat advies oor die kunstebedryf bied om Suidoosterfees Talentsoektog deelnemers op te hef.

  • Verskaf 'n platform waar Suidoosterfees Talentsoektog deelnemers hul talent en loopbaanmoontlikhede kan verken met die uitvoerende kunstebedryf.

  • Verskaf Suidoosterfees Talentsoektog deelnemers met geldige inligting oor die kunstebedryf.

  • Bied Suidoosterfees Talentsoektog wenners geleenthede in die professionele bedryf deur middel van werkswinkels en mentorskappe.

Vir verdere navrae of
meer inligting
kontak gerus ons kantoor

© 2019 Suidoosterfees. Created by Tinbird Creative